LOGIN
SIGN UP
Your free recipe manager,
shopping list, and meal planner!
Learn more!
Go to Community recipes!
Almal Slaan Behoorlik Vuis Vir ‘N Skeppie!
Ingredients
  • subheading: Benodig:
  • 250g streaky spek
  • 250ml mayonnaise
  • 250ml blatjang (gewone of perske)
  • 250ml kook water
  • 8 to 10 medium aartappels
  • 2 uie
  • 1 pakkie wit uie sop poeier
  • 1 koppie gerasperde cheddar kaas.
  • subheading: Metode:
  • Skil en kook die aartappels tot gaar.
  • Terwyl die aartappels kook, kap die uie fyn en die spek en braai in ‘n klein bietjie kook-olie in ‘n pan
  • Sodra die aartappels gaar is, sny dit in skywe en plaas in oondvaste bak.
  • Gooi die uie en spek bo-oor.
  • Meng die mayonnaise, blatjang en sop poeier, meng deeglik! Voeg dan die kook water by (eers na die ander drie bestanddele goed gemeng is, anders gaan dit klonte vorm).
  • Gooi die mengsel oor die aartapples en kaas bo-oor
  • Bak teen 180grade in ‘n voorverhitte oond tot goud-bruin in kleur.
  • Bron: Boeremeisies Maak Kos12 September 2017
  • subheading: HAM EN KAAS GEBAK:
  • 250gr spek (gekap)
  • 1 ui (gekap)
  • Braai bogenoemde tot sag en gaar
  • 1 rol puff pastry
  • 1 pakkie KNORR Three Cheese Sauce
  • 6 eiers
  • 250 ml room (of 250ml melk)
  • Gerasperde kaas (ongeveer 1 koppie)
  • Oond 180C
  • Meng die pakkie three cheese sauce poeier, eiers en room/melk
  • Roer die spek en uiemengsel by
  • In ‘n bak, druk die puff pastry onder vas asook teen die kante
  • Gooi die eier en spek mengsel oor. Gooi die gerasperde kaas oor en sprinkel bietjie gedroogde pietersielie oor
  • Bak vir 40/45 minute of tot gestol en die kors goudbruin is
  •  
  • Wenk: Vervang die spek met ham blokkies of enige koue vleis blokkies
  • Rens .
  • subheading: MAALVLEISROL:
  • 1 ui gekap
  • 2.5ml vars knoffel
  • 6 skyfies ham gekap
  • 2.5ml droe gemengde kruie
  • 250g sampioene gesny
  • 7.5ml mosterd
  • 300g spinasie, ontstingel en geblansjeer
  • 187ml cheddarkaas gerasper,
  • 1 pakkie repies sepk
  •  
  • Maalvleismengsel (meng al die onderstaande)
  • 1kg maalvleis,
  • 2.5ml asyn,
  • 1 eier,
  • ¾k vars broodkrummels,
  • 2.5ml sout,
  • 30ml blatjang,
  • knypie peper
  • subheading: Metode:
  • Braai ui en knoffel in olie tot sag, voeg ham by en soteer nog so bietjie. Voeg kruie en sampioene by en soteer tot sampioene sag is, hou eenkant.
  • Meng bestandele vir maalvleis saam, Druk maalvleis in reghoek plat op groot stuk foelie. Smeer mosterd dun oor die maalvleis. Plaas spinasieblare op maalvleis. Skep sampioenmengsel bo-op. Laat ongeveer 3cm reg rondom maalvleis se kante oop. Sprinkel kaas bo-oor. Rol maalvleis van korste kant af met behulp van foelie op. Plaas/vou spekrepe bo-oor. Plaas in oondpan.
  • Bak vir ongeveer 60min tot gaar
  • Rens.
  •  
  • Gebakte Carbonara
  •  
  • Genoeg vir 4
  •  
  • 250 g spekrepies, in blokkies gesny
  • 400 g (4 k) pennenoedels
  • 2 middelslaguie, fyn gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyn gekap
  • 30 ml olyfolie
  • 6 eiers
  • 250 ml melk
  • 250 ml room
  • 100 g cheddarkaas, gerasper
  • sout, neutmuskaat en swartpeper
  • 250 ml ertjies
  • 150 g mozzarellakaas, in blokkies gesny
Note: Ingredients may have been altered from the original.
Steps
Never lose a recipe again, not even if the original website goes away! Use the Copy Me That button to create your own complete copy of any recipe that you find online. Learn more! It's free!
 

Page footer